Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997.  




 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!


Do you need volunteer, community service, work, military or court hours?

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Openbaring 22

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22]

22:1 En hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.

22:2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

22:6 En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.

22:7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

22:8 En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.

22:9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.

22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

22:15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.

22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!

22:21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal!Amen.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


JCSM was founded in 1997 and exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2012.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Blow Up Your Site (For Free!)  .  San Diego DUI Lawyers  .  Jason Gastrich  .  Jordan Faith Gastrich  .  Divorce Secrets Revealed  .  Post Your Ad Link Free  .  San Diego Soccer Training  .  JCSM  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  Christian Singles Dating  .  Christian T-Shirts  .  Healing Christian Prayer  .  Bumper Authority  .  Personalized Blogs and Email  .  San Diego Haircuts  .  The Do the Math Diet  .  Stop Twitter Spam  .  Christian Conservative Work at Home Network  .  The Website of the Lord