
Click here and add this page to your favorites!

3:1 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
3:2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,
3:3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?
3:4 Want as die een sę: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos--is julle nie vleeslik nie?
3:5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.
3:6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
3:7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
3:8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
3:9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
3:10 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelę, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
3:11 Want niemand kan 'n ander fondament lę as wat daar gelę is nie, dit is Jesus Christus.
3:12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels--
3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
3:16 Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
3:17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
3:18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie węreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
3:19 want die wysheid van hierdie węreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
3:20 en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
3:21 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;
3:22 of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die węreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge--alles behoort aan julle;
3:23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.
The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work! |
|
Free & Cheap Cell
Phones |
Cheap Long Distance
Phone Service Carriers |
Talk America Local Phone Service
|
Ztel & MCI - Unlimited Long Distance
Compare
Cell Phone Plans & Companies |
International Calling Cards & Prepaid Phone Cards |
Voice Over IP Broadband Internet Phone
Service | Wireless
Phone Plans & Cheap Cell Phones
|
_____________________________________________________________________________
Online First Aid and CPR Certification . The Online Christ Centered Ministries . The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained . The Inerrancy Discussion Board . Free Email Accounts . Home Equity Loans . JasonGastrich.com . The Missions, Apologetics, and Creation Bible Conference . Young Earth Creation Science . San Diego Music Lessons . 10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings . Gastrich.net . Maximizing the Internet: 12 Keys to Success . Louisiana Baptist University . NKJV Web Hosting and Services . Michael Newdow . San Diego Soccer Training . Christian Guitar Lessons . Jesus Christ Saves Ministries . Eternal Security