Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997

Click here to subscribe and connect!     




 

 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

1 Korinthërs 1

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

1:1 Paulus, 'n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes,

1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:

1:3 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

1:4 Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,

1:5 dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;

1:6 soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,

1:7 sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,

1:8 wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.

1:9 God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

1:10 Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

1:11 Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.

1:12 Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.

1:13 Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?

1:14 Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus,

1:15 sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie.

1:16 Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.

1:17 Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.

1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

1:19 want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.

1:20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?

1:21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;

1:22 want die Jode vra 'n teken en die Grieke soek wysheid,

1:23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, 'n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;

1:24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.

1:25 Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.

1:26 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie;

1:27 maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;

1:28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,

1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

1:31 Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


Jesus Christ Saves Ministries was founded in 1997 and it exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2010.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  iPhone Video and Audio Recording Services  .  San Diego Bodyboarding  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  Online First Aid and CPR Certification Blog  .  San Diego Music Lessons  .  My Life Beach Blog  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Maximizing the Internet: 12 Keys to Success  .  Maximizing the Internet Blog  .  San Diego DUI Lawyers  .  Post Your Ad Link Free  .  Michael Newdow  .  Classy Cali Collectives  .  San Diego Soccer Training  .  Christian Guitar and Music Lessons  .  Jesus Christ Saves Ministries  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  San Diego Sound Solutions  .  San Diego Day Spa  .  Christian Singles Dating