Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997.  




 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!


Do you need volunteer, community service, work, military or court hours?

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Livitikus 6

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27]

6:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:2 As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,

6:3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat 'n mens kan doen om hom daarmee te besondig

6:4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;

6:5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.

6:6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.

6:7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat 'n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.

6:8 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.

6:10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.

6:11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op 'n rein plek uitbring.

6:12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.

6:13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.

6:14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die HERE voor die altaar bring,

6:15 en een moet daarvan 'n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.

6:16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op 'n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.

6:17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.

6:18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig.

6:19 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:20 Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van 'n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.

6:21 Dit moet op 'n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.

6:22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as 'n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word.

6:23 So moet dan elke spysoffer van 'n priester 'n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.

6:24 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig.

6:26 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op 'n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.

6:27 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op 'n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op 'n heilige plek was.

6:28 En 'n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in 'n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.

6:29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.

6:30 Maar elke sondoffer waarvan 'n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


JCSM was founded in 1997 and exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2012.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Blow Up Your Site (For Free!)  .  San Diego DUI Lawyers  .  Jason Gastrich  .  Jordan Faith Gastrich  .  Divorce Secrets Revealed  .  Post Your Ad Link Free  .  San Diego Soccer Training  .  JCSM  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  Christian Singles Dating  .  Christian T-Shirts  .  Healing Christian Prayer  .  Bumper Authority  .  Personalized Blogs and Email  .  San Diego Haircuts  .  The Do the Math Diet  .  Stop Twitter Spam  .  Christian Conservative Work at Home Network  .  The Website of the Lord