Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997

Click here to subscribe and connect!     




 

 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Livitikus 4

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27]

4:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

4:2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen

4:3 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring;

4:4 en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE.

4:5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,

4:6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom.

4:7 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

4:8 en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

4:9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem

4:10 soos dit van die dankofferbul afgelig word en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.

4:11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis

4:12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.

4:13 En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word;

4:14 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering 'n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring,

4:15 en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word.

4:16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,

4:17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel sprinkel.

4:18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;

4:19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek

4:20 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.

4:21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is 'n sondoffer van die vergadering.

4:22 As 'n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;

4:23 of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ram;

4:24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is 'n sondoffer.

4:25 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.

4:26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.

4:27 En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;

4:28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;

4:29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer.

4:30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

4:31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.

4:32 Maar ingeval hy 'n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit 'n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;

4:33 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.

4:34 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;

4:35 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


Jesus Christ Saves Ministries was founded in 1997 and it exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2010.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  iPhone Video and Audio Recording Services  .  San Diego Bodyboarding  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  Online First Aid and CPR Certification Blog  .  San Diego Music Lessons  .  My Life Beach Blog  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Maximizing the Internet: 12 Keys to Success  .  Maximizing the Internet Blog  .  San Diego DUI Lawyers  .  Post Your Ad Link Free  .  Michael Newdow  .  Classy Cali Collectives  .  San Diego Soccer Training  .  Christian Guitar and Music Lessons  .  Jesus Christ Saves Ministries  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  San Diego Sound Solutions  .  San Diego Day Spa  .  Christian Singles Dating