Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997.  




 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!


Do you need volunteer, community service, work, military or court hours?

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Livitikus 2

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27]

2:1 En as iemand aan die HERE 'n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;

2:2 en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan 'n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

2:3 En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.

2:4 En as jy 'n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.

2:5 En as 'n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.

2:6 Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is 'n spysoffer.

2:7 En as 'n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.

2:8 Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.

2:9 En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

2:10 En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.

2:11 Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE 'n vuuroffer aan die brand steek nie.

2:12 As 'n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.

2:13 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.

2:14 En as jy aan die HERE 'n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.

2:15 En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; 'n spysoffer is dit.

2:16 Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, 'n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as 'n vuuroffer aan die HERE.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


JCSM was founded in 1997 and exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2012.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Blow Up Your Site (For Free!)  .  San Diego DUI Lawyers  .  Jason Gastrich  .  Jordan Faith Gastrich  .  Divorce Secrets Revealed  .  Post Your Ad Link Free  .  San Diego Soccer Training  .  JCSM  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  Christian Singles Dating  .  Christian T-Shirts  .  Healing Christian Prayer  .  Bumper Authority  .  Personalized Blogs and Email  .  San Diego Haircuts  .  The Do the Math Diet  .  Stop Twitter Spam  .  Christian Conservative Work at Home Network  .  The Website of the Lord