Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997.  




 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!


Do you need volunteer, community service, work, military or court hours?

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Exodus 35

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40]

35:1 Toe het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:

35:2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 'n heiligheid, 'n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.

35:3 Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.

35:4 Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:

35:5 Neem van julle besittings 'n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;

35:6 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

35:7 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

35:8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

35:9 en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.

35:10 En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:

35:11 die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;

35:12 die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking;

35:13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode;

35:14 en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;

35:15 en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel;

35:16 die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;

35:17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;

35:18 die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

35:19 die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

35:20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.

35:21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;

35:22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat 'n offer van goud aan die HERE gewy het,

35:23 en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.

35:24 Elkeen wat 'n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.

35:25 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.

35:26 En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.

35:27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,

35:28 en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

35:29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur die diens van Moses beveel het om te verrig--as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.

35:30 Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, die HERE het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

35:31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

35:32 en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,

35:33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk--om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.

35:34 Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.

35:35 Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van 'n ambagsman en 'n kunstenaar en van 'n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van 'n wewer hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


JCSM was founded in 1997 and exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2012.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Blow Up Your Site (For Free!)  .  San Diego DUI Lawyers  .  Jason Gastrich  .  Jordan Faith Gastrich  .  Divorce Secrets Revealed  .  Post Your Ad Link Free  .  San Diego Soccer Training  .  JCSM  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  Christian Singles Dating  .  Christian T-Shirts  .  Healing Christian Prayer  .  Bumper Authority  .  Personalized Blogs and Email  .  San Diego Haircuts  .  The Do the Math Diet  .  Stop Twitter Spam  .  Christian Conservative Work at Home Network  .  The Website of the Lord