Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997.  




 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!


Do you need volunteer, community service, work, military or court hours?

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Exodus 27

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40]

27:1 Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte--vierkantig moet die altaar wees--en drie el sy hoogte.

27:2 En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek.

27:3 En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak.

27:4 Jy moet daar 'n traliewerk aan maak, 'n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.

27:5 En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.

27:6 Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.

27:7 En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.

27:8 Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak.

27:9 Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;

27:10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

27:11 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

27:12 En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.

27:13 En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el--

27:14 sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

27:15 en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

27:16 en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.

27:17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.

27:18 Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.

27:19 Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.

27:20 En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.

27:21 In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal 'n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


JCSM was founded in 1997 and exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2012.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Blow Up Your Site (For Free!)  .  San Diego DUI Lawyers  .  Jason Gastrich  .  Jordan Faith Gastrich  .  Divorce Secrets Revealed  .  Post Your Ad Link Free  .  San Diego Soccer Training  .  JCSM  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  Christian Singles Dating  .  Christian T-Shirts  .  Healing Christian Prayer  .  Bumper Authority  .  Personalized Blogs and Email  .  San Diego Haircuts  .  The Do the Math Diet  .  Stop Twitter Spam  .  Christian Conservative Work at Home Network  .  The Website of the Lord