Our navigation bar is loading . . . . . .



Advertise on JCSM - Hear JCSM's Weekly Devotions via Podcast/RSS Feed! - Skip These Ads

You can advertise your site right here!Click here to learn more!

10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings by Jason Gastrich, Ph.D.

 JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service! Join the Online Christ-Centered Ministries!

-

Jesus Christ Saves Ministries

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Exodus 25

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40]

25:1 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:

25:2 Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My 'n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.

25:3 En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;

25:4 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

25:5 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

25:6 olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

25:7 oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas.

25:8 Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.

25:9 Volgens alles wat Ek jou laat sien--die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort--so moet julle dit maak.

25:10 Hulle moet dan 'n ark van akasiahout maak. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.

25:11 En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan 'n goue krans maak rondom.

25:12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.

25:13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.

25:14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.

25:15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.

25:16 Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.

25:17 Maak ook 'n versoendeksel van suiwer goud. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.

25:18 Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.

25:19 En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.

25:20 En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.

25:21 En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.

25:22 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.

25:23 Maak ook 'n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en 'n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.

25:24 En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor 'n goue krans rondom.

25:25 Maak daarvoor ook 'n lys van 'n handbreed rondom; en maak 'n goue krans vir die lys rondom.

25:26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.

25:27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

25:28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.

25:29 Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.

25:30 En op die tafel moet jy altyddeur toonbrood voor my aangesig neersit.

25:31 Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.

25:32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

25:33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom--so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

25:34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:

25:35 daar moet 'n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan--vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

25:36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees--alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.

25:37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.

25:38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.

25:39 Van 'n talent suiwer goud moet hulle dit maak--al hierdie voorwerpe.

25:40 En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!

Kingdom Debt Solutions - Be Debt Free! Sport Logos - Quality Athletic Equipment The JCSM Study Center Your Ad Could Be Here! Launch A Successful Internet Organization or Business! Learn Guitar, Bass, or Piano in San Diego county!

You can advertise your site right here!

Free & Cheap Cell Phones  |  Cheap Long Distance Phone Service Carriers  |  Talk America Local Phone Service  |  Ztel & MCI - Unlimited Long Distance
Compare Cell Phone Plans & Companies  | 
International Calling Cards & Prepaid Phone Cards  |  Voice Over IP Broadband Internet Phone Service  |  Wireless Phone Plans & Cheap Cell Phones

Dr. Jason Gastrich

Jason Gastrich, Ph.D.

 

Jesus Christ Saves Ministries is directed by Dr. Jason Gastrich.  It was founded in 1997 and it exists to bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ.  JCSM offers over 200,000 free web pages, discussion boards, weekly html and mp3 devotionals, free email accounts, and much more.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-877-850-3878 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2008.

_____________________________________________________________________________

Online First Aid and CPR Certification  .  The Online Christ Centered Ministries  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  The Inerrancy Discussion Board  .  Free Email Accounts  .  Home Equity Loans  .  JasonGastrich.com  .  The Missions, Apologetics, and Creation Bible Conference  .  Young Earth Creation Science  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Gastrich.net  .  Maximizing the Internet: 12 Keys to Success  .  Louisiana Baptist University  .  NKJV Web Hosting and Services  .  Michael Newdow  .  San Diego Soccer Training  . Christian Guitar Lessons  .  Jesus Christ Saves Ministries  .  Eternal Security