Our navigation bar is loading . . . . . .



Advertise on JCSM - Hear JCSM's Weekly Devotions via Podcast/RSS Feed! - Skip These Ads

You can advertise your site right here!Click here to learn more!

10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings by Jason Gastrich, Ph.D.

 JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service! Join the Online Christ-Centered Ministries!

-

Jesus Christ Saves Ministries

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Exodus 9

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40]

9:1 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

9:2 Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou,

9:3 kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.

9:4 En die HERE sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.

9:5 En die HERE het 'n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal die HERE dit doen in die land.

9:6 En die HERE het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.

9:7 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.

9:8 Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;

9:9 en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.

9:10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.

9:11 En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.

9:12 Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die HERE aan Moses gesê het.

9:13 Verder het die HERE aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

9:14 Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.

9:15 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;

9:16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.

9:17 Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?

9:18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.

9:19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie--op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.

9:20 Hy wat die HERE se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;

9:21 maar hy wat op die HERE se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.

9:22 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.

9:23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën.

9:24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan 'n volk behoort het nie.

9:25 En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.

9:26 Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.

9:27 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk het ongelyk.

9:28 Bid tot die HERE, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.

9:29 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.

9:30 Maar wat u en u dienaars betref--ek weet dat julle nog nie ontsag het vir die HERE God nie.

9:31 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.

9:32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.

9:33 So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die HERE uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.

9:34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars.

9:35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!

Kingdom Debt Solutions - Be Debt Free! Sport Logos - Quality Athletic Equipment The JCSM Study Center Your Ad Could Be Here! Launch A Successful Internet Organization or Business! Learn Guitar, Bass, or Piano in San Diego county!

You can advertise your site right here!

Free & Cheap Cell Phones  |  Cheap Long Distance Phone Service Carriers  |  Talk America Local Phone Service  |  Ztel & MCI - Unlimited Long Distance
Compare Cell Phone Plans & Companies  | 
International Calling Cards & Prepaid Phone Cards  |  Voice Over IP Broadband Internet Phone Service  |  Wireless Phone Plans & Cheap Cell Phones

Dr. Jason Gastrich

Jason Gastrich, Ph.D.

 

Jesus Christ Saves Ministries is directed by Dr. Jason Gastrich.  It was founded in 1997 and it exists to bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ.  JCSM offers over 200,000 free web pages, discussion boards, weekly html and mp3 devotionals, free email accounts, and much more.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-877-850-3878 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2008.

_____________________________________________________________________________

Online First Aid and CPR Certification  .  The Online Christ Centered Ministries  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  The Inerrancy Discussion Board  .  Free Email Accounts  .  Home Equity Loans  .  JasonGastrich.com  .  The Missions, Apologetics, and Creation Bible Conference  .  Young Earth Creation Science  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Gastrich.net  .  Maximizing the Internet: 12 Keys to Success  .  Louisiana Baptist University  .  NKJV Web Hosting and Services  .  Michael Newdow  .  San Diego Soccer Training  . Christian Guitar Lessons  .  Jesus Christ Saves Ministries  .  Eternal Security