Our navigation bar is loading . . . . . .



Advertise on JCSM - Hear JCSM's Weekly Devotions via Podcast/RSS Feed! - Skip These Ads

You can advertise your site right here!Click here to learn more!

10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings by Jason Gastrich, Ph.D.

 JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service! Join the Online Christ-Centered Ministries!

-

Jesus Christ Saves Ministries

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Genesis 44

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

44:1 Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;

44:2 en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.

44:3 Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.

44:4 Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?

44:5 Is dit nie die ding waaruit my heer drink en waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.

44:6 En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel.

44:7 Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen.

44:8 Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?

44:9 Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.

44:10 Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees.

44:11 Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.

44:12 En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.

44:13 Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.

44:14 En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.

44:15 Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie?

44:16 En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.

44:17 Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in vrede op na julle vader.

44:18 Toe kom Juda nader na hom en sê: Ag, my heer, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.

44:19 My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle 'n vader of broer?

44:20 En ons het my heer geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.

44:21 Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig.

44:22 En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.

44:23 Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie.

44:24 En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,

44:25 het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel.

44:26 Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.

44:27 En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het--

44:28 die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.

44:29 As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom 'n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal.

44:30 As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie--terwyl sy siel innig aan hom verkleef is--

44:31 sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal.

44:32 Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.

44:33 Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.

44:34 Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!

Kingdom Debt Solutions - Be Debt Free! Sport Logos - Quality Athletic Equipment The JCSM Study Center Your Ad Could Be Here! Launch A Successful Internet Organization or Business! Learn Guitar, Bass, or Piano in San Diego county!

You can advertise your site right here!

Free & Cheap Cell Phones  |  Cheap Long Distance Phone Service Carriers  |  Talk America Local Phone Service  |  Ztel & MCI - Unlimited Long Distance
Compare Cell Phone Plans & Companies  | 
International Calling Cards & Prepaid Phone Cards  |  Voice Over IP Broadband Internet Phone Service  |  Wireless Phone Plans & Cheap Cell Phones

Dr. Jason Gastrich

Jason Gastrich, Ph.D.

 

Jesus Christ Saves Ministries is directed by Dr. Jason Gastrich.  It was founded in 1997 and it exists to bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ.  JCSM offers over 200,000 free web pages, discussion boards, weekly html and mp3 devotionals, free email accounts, and much more.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-877-850-3878 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2008.

_____________________________________________________________________________

Online First Aid and CPR Certification  .  The Online Christ Centered Ministries  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  The Inerrancy Discussion Board  .  Free Email Accounts  .  Home Equity Loans  .  JasonGastrich.com  .  The Missions, Apologetics, and Creation Bible Conference  .  Young Earth Creation Science  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Gastrich.net  .  Maximizing the Internet: 12 Keys to Success  .  Louisiana Baptist University  .  NKJV Web Hosting and Services  .  Michael Newdow  .  San Diego Soccer Training  . Christian Guitar Lessons  .  Jesus Christ Saves Ministries  .  Eternal Security