Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997.  




 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!


Do you need volunteer, community service, work, military or court hours?

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Genesis 36

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

36:1 En dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.

36:2 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;

36:3 en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.

36:4 En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.

36:5 En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.

36:6 Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 'n land, wég van sy broer Jakob af;

36:7 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.

36:8 En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.

36:9 Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.

36:10 Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.

36:11 En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.

36:12 En Timna was 'n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.

36:13 En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.

36:14 En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau--sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.

36:15 Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,

36:16 die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.

36:17 En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.

36:18 En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.

36:19 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.

36:20 Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana

36:21 en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.

36:22 En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.

36:23 En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.

36:24 En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.

36:25 En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.

36:26 En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.

36:27 Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.

36:28 Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.

36:29 Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,

36:30 die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.

36:31 En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar 'n koning geregeer het oor die kinders van Israel:

36:32 Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.

36:33 En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.

36:34 En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.

36:35 En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Mídianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.

36:36 En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.

36:37 En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.

36:38 En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.

36:39 En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.

36:40 Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet.

36:41 die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,

36:42 die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,

36:43 die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


JCSM was founded in 1997 and exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2012.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Blow Up Your Site (For Free!)  .  San Diego DUI Lawyers  .  Jason Gastrich  .  Jordan Faith Gastrich  .  Divorce Secrets Revealed  .  Post Your Ad Link Free  .  San Diego Soccer Training  .  JCSM  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  Christian Singles Dating  .  Christian T-Shirts  .  Healing Christian Prayer  .  Bumper Authority  .  Personalized Blogs and Email  .  San Diego Haircuts  .  The Do the Math Diet  .  Stop Twitter Spam  .  Christian Conservative Work at Home Network  .  The Website of the Lord