Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997

Click here to subscribe and connect!     




 

 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Genesis 35

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

35:1 Daarna het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar 'n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau.

35:2 Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig julle en trek ander klere aan;

35:3 en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar 'n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.

35:4 Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.

35:5 En toe hulle weggetrek het, kom daar 'n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.

35:6 So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kanaän is dit is Bet-el--hy en al die mense wat by hom was.

35:7 en hy het daar 'n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.

35:8 En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.

35:9 Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;

35:10 en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.

35:11 Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, ja, 'n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.

35:12 En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.

35:13 Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.

35:14 En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip, en daarop 'n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.

35:15 En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem.

35:16 Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.

35:17 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.

35:18 En toe haar siel uitgaan--want sy het gesterwe--noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.

35:19 So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.

35:20 En Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.

35:21 En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.

35:22 En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.

35:23 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon.

35:24 Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.

35:25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.

35:26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

35:27 En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.

35:28 En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.

35:29 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


Jesus Christ Saves Ministries was founded in 1997 and it exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2010.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  iPhone Video and Audio Recording Services  .  San Diego Bodyboarding  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  Online First Aid and CPR Certification Blog  .  San Diego Music Lessons  .  My Life Beach Blog  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Maximizing the Internet: 12 Keys to Success  .  Maximizing the Internet Blog  .  San Diego DUI Lawyers  .  Post Your Ad Link Free  .  Michael Newdow  .  Classy Cali Collectives  .  San Diego Soccer Training  .  Christian Guitar and Music Lessons  .  Jesus Christ Saves Ministries  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  San Diego Sound Solutions  .  San Diego Day Spa