Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997

Click here to subscribe and connect!     




 

 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Genesis 22

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

22:1 Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

22:2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.

22:3 Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir 'n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.

22:4 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.

22:5 En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.

22:6 En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.

22:7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer?

22:8 En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.

22:9 Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.

22:10 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.

22:11 Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

22:12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

22:13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

22:14 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

22:15 Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af

22:16 en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,

22:17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

22:18 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

22:19 En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon.

22:20 Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:

22:21 Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van Aram,

22:22 ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel.

22:23 (En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.

22:24 En sy byvrou met die naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


Jesus Christ Saves Ministries was founded in 1997 and it exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2010.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  iPhone Video and Audio Recording Services  .  San Diego Bodyboarding  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  Online First Aid and CPR Certification Blog  .  San Diego Music Lessons  .  My Life Beach Blog  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Maximizing the Internet: 12 Keys to Success  .  Maximizing the Internet Blog  .  San Diego DUI Lawyers  .  Post Your Ad Link Free  .  Michael Newdow  .  Classy Cali Collectives  .  San Diego Soccer Training  .  Christian Guitar and Music Lessons  .  Jesus Christ Saves Ministries  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  San Diego Sound Solutions  .  San Diego Day Spa  .  Christian Singles Dating