Our navigation bar is loading . . .

 


 

Jesus Christ Saves Ministries

Helping San Diego, California and beyond since 1997.  




 

JCSM's Top 1000 Christian Sites - Free Traffic Sharing Service!


Do you need volunteer, community service, work, military or court hours?

Click here and add this page to your favorites!

Return to the JCSM Study Center!

The Afrikaans Bible


The Afrikaans Bible - Main

 

Genesis 5

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

5:1 Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.

5:2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.

5:3 Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.

5:4 En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.

5:5 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.

5:6 Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.

5:7 En Set het ná die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

5:8 So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe.

5:9 Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.

5:10 En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

5:11 So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.

5:12 Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.

5:13 En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

5:14 So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe.

5:15 Toe Mahalálel vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.

5:16 En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

5:17 So was dan al die dae van Mahalálel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe.

5:18 Toe Jered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword.

5:19 En Jered het ná die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

5:20 So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe.

5:21 Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.

5:22 En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.

5:23 So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar.

5:24 En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.

5:25 Toe Metúsalag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.

5:26 En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

5:27 So was dan al die dae van Metúsalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe.

5:28 Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy 'n seun verwek

5:29 en hom Noag genoem, want hy het gesę: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.

5:30 En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

5:31 So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe.

5:32 En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.

 



Jesus Christ Saves Ministries

The JCSM Study CenterAmerica's Christian FoundationSkeptic's Annotated Bible: Corrected and ExplainedNKJV Web Hosting and Services
JCSM's Sermons, Debates and the Bible on MP3The Online Christ-Centered MinistriesThe JCSM Chat RoomSeminary Notes and PapersThe Picturesque Photo Albums


 

The graphic links below help generate traffic to JCSM and to quality, Christian web sites. Please visit them as often as you can. They lovingly support our work!



 
 


JCSM was founded in 1997 and exists to help the community and bring people into a life-changing and productive relationship with Jesus Christ. JCSM offers over 200,000 free web pages, including its weekly inspirational emails that were sent continuously for over a decade.

Jesus Christ Saves Ministries
P.O. Box 9297
San Diego, CA  92169
1-888-887-0417 or Email

JCSM is a 501(c)(3), non-profit organization. Copyright © 1997-2012.
 

 

Sponsored Advertisements

Online First Aid and CPR Certification  .  DHA Solutions  .  PB Happy Hour Specials  .  Improvising Made Easy For Guitar and Bass  .  The Skeptic's Annotated Bible: Corrected and Explained  .  Home Equity Loans  .  First Aid and CPR Online  .  San Diego Music Lessons  .  10,000 Wise Quotes and Spiritual Sayings  .  Blow Up Your Site (For Free!)  .  San Diego DUI Lawyers  .  Jason Gastrich  .  Jordan Faith Gastrich  .  Divorce Secrets Revealed  .  Post Your Ad Link Free  .  San Diego Soccer Training  .  JCSM  .  Download Sermons  .  Custom Religious Banners, Build A Sign  .  Christian Singles Dating  .  Christian T-Shirts  .  Healing Christian Prayer  .  Bumper Authority  .  Personalized Blogs and Email  .  San Diego Haircuts  .  The Do the Math Diet  .  Stop Twitter Spam  .  Christian Conservative Work at Home Network  .  The Website of the Lord